English |  Afrikaans

Profert In Die Nuus - Pro-nuusflitz 

Pro-nuusflitz 

13 May 2014

Die Profert-groep, met landbou as kernbesigheid, het naam gemaak as 'n gediversifiseerde maatskappy en behaal vanjaar 'n omset van R6,5 miljard. 'n Totale mandjie van goedere insluitend kunsmis, finansiering, versekering, veevoer, veeartsenyprodukte, kalk, masjinerie en toerusting word aan boere gebied. Die maatskappy beskou egter sy deelname in die landboumark meer as net beperk tot die plaas opsigself, maar eerder van 'plaas tot vurk.' Derhalwe poog Profert om waarde toe te voeg tot landbouprodukte vanaf die begin van produksieprosesse tot wanneer die finale produk op die winkelrak verskyn.

Ons langtermyn beleggingsvennoot, Sanlam Privaat Beleggings (SPB), 'n afdeling van Sanlam Lewens Beperk, het besluit om te onttrek uit die besigheid in ooreenstemming met sy beleggingsmandaat en toekoms visie. Gevolglik het Profert oor die afgelope agtien maande gesoek na 'n geskikte plaasvervanger wat as strategiese vennoot 'n groter belangstelling in ons besigheid sal toon as bloot net 'n belegger met 'n uittree plan. Ons was op soek na 'n belegger wat optimisties is oor voedselproduksie, sowel as terugwaartse integrasie vir die toekoms en wat die begeerte het om ons besigheid op 'n globale skaal te laat groei.

Ons het in Ruixing, die grootste privaat kunsmisvervaardigings maatskappy in China, met 'n soortgelyke entrepreneurs-skapbesigheid styl as Profert, die ideale vennoot gevind. Tot op hede het ons diversifiseerde beleggings gefokus op voorwaartse integrasie vanaf die plaas na die winkelrak. Die goed ontwikkelde tegnologie van RuiXing sal ons instaat stel om terugwaartse integrasie binne die kunsmisvervaardigingsproses te bewerkstellig. Ons is opgewonde oor die vooruitsig om die leiding te neem in Suid-Afrika van 'n netto invoerder van kunsmis tot 'n netto uitvoerder van in besonder stikstof.

Profert is huidig 'n invoerder en verspreider van kunsmis insluitende ureum as 'n stikstof bron. Ons beskik oor toegewyde verskaffers en 'n goed gevestigde logistieke netwerk wat strek van die verskepings na die onderskeie hawens en vandaar na aanlegte en plase van klante. Ons het Vrystaat Mielies bekom wat boere finansier en hul produkte bemark. Ons
produseer en versprei veeartsenyprodukte en vervaardig veevoere. Ons beskik oor 'n omvattende mandjie van verbruikersgoedere insluitend spek, kerse, troeteldierkos (wat onsself vervaardig), asook 'n verskeidenheid van ander produkte wat deur agente bemark en versprei word.

Die Profert van die toekoms sal tesame met sy nuwe vennoot RuiXing, terugwaars integreer in die vervaardiging van stikstof en plofstof vir Afrika en die wêreld. RuiXing groep het die kuns om stikstof vanuit steenkool teen internasionaal mededingende pryse te vervaardig, vervolmaak. Hulle het die begeerte om hul produksie in Afrika uit te brei en hul besigheidsbasis verder te diversifiseer dwarsoor die voedsel waardeketting.

RuiXing se voorsitter, mnr Meng Guangyin is 'n gerespekteerde sakeman, 'n professor by die Xangdong Landbou Universiteit en 'n strategiese denker. Hy het besluit dat sy maatskappy 55% aandele in die Profert groep sal koop. Profert aandeelshouers is van mening dat hulle oor die nodige kapitaal en kundigheid beskik om Profert uit te brei tot sy volle potensiaal en het derhalwe RuiXing se aanbod aanvaar.

Goeie nuus vir Suid-Afrika en die landbou in die algemeen is dat Ruixing en Profert besluit het om onmiddellik voort te gaan met die vestiging van 'n steenkool / stikstof omskakelingsaanleg wat ureum en verwante produkte en plofstof sal vervaardig. Die Ruixing groep spesialiseer in die vervaardiging van stysel en glukose, derhalwe word soorteglykte aanlegte in Suid-Afrika beplan. Handel met China (invoere en uitvoere), veral ten opsigte van landbougoedere sal waarskynlik drasties toeneem. Profert gaan sy bestaande hawe-infras truktuur opgradeer om hierdie verhoogde volumes te hanteer. Die Ruixing- en Profert-groep sal 'n gesamentlik omset van meer as R16 miljard per jaar behaal en beskik oor 'n bate waarde van meer as R10 miljard.

Die ooreenkoms is op 23 Oktober 2013 tydens 'n seremonie by Emperors Palace bekragtig. Mnr. Li, Hoof Senator van Taian van die Xangdong provinsie was die spesiale eregas tydens die geleentheid.

Pro-nuusflitz 229.2kB