English  |  Afrikaans

Hoekom Profert

Die regte mengsel 

Die eerste stap in winsgewende, volhoubare landbou is om die regte kombinasie van hoë-kwaliteit, wetenskaplik beproefde bestanddele en produkte te kies om mee te werk. So ook kan 'n maatskappy slegs sukses behaal deur eers die regte mense te kies en hulle dan te help om te groei om 'n volhoubare toekoms te verseker. Dit is 'n wen-wen situasie vir albei partye; Profert Holdings het 'n positiewe impak op jou en jy het 'n positiewe impak op Profert Holdings.

Profert Holdings, diep in sy binneste, gaan oor volhoubaarheid en groei. Dit vloei deur na die wortels van ons besigheid. Ons fokus daarop om die regte mense in die regte posisies te plaas, om te verseker dat die maksimum potensiaal bereik word deur die beste kombinasie van vaardighede, ambisies en geleenthede. Ons stel nie net enige iemand aan nie, ons stel professionele individue aan wat die beste by ons maatskappy inpas.

Profert Holdings dink plaaslik en sprei sy vlerke wêreldwyd. Ons is 'n globale sukses omdat ons 'n plaaslike en internasionale talentpoel ten volle benut. Dit is ‘n multi-nasionale maatskappy met globale ruimte vir groei.

Ons besef dat ons werknemers ‘n verskil aan hulle wêreld wil maak en strewe vir 'n volhoubare toekoms, vir beide ons planeet en vir toekomstige generasies. Die Profert Holdings korporatiewe kultuur is waar ons individue uitdaag om ‘n impak te hê deur ‘n verskil te maak.

By Profert Holdings verstaan ons dat daar uitnemende individue is wat internasionale loopbane nastreef. Dit is 'n uitdaging, maar hierdie rigtings kan hulself voordoen aan uitnemende werknemeners, afhangend van wat die besigheidsbehoeftes is.

ProGro, jou loopbaan

Wanneer dit by boerderye en ProGro se multi-gefassetteerde uitkyk op boerderye kom, is wins nie alles nie. Dieselfde benadering geld wanneer dit by ons werknemers kom, ons verstaan dat geld nie alles is nie. Ons volledige werknemersaanbod kombineer geleenthede vir opwindende ontwikkeling in ‘n wêreld-erkende besigheid met die geleentheid om met sterk leierskap en skerp, gemotiveerde kollegas te werk.